SKATKISBOEKE • Herinneringe van ou boeke is 'n skat om te geniet • Memories of vintage books is a treasure to enjoy

DIAMANTVELD REEKS - PRONK BOEKE

Die Diamantveld avontuur reeks speel af gedurende die 1870’s, toe die diamantkoors hoog geloop het by die Oranje- en Vaalrivier, in die Griekwaland-Wes streek. Myndorpe het oornag opgeskiet soos paddastoele en duisende mense van alle beroepe het ingestroom en met hul eie delwerye begin. Chaos en misdaad was aan die orde van die dag, aangesien alles so vinnig plaas gevind het. 'n Nuwe held het toe na vore getree, wat rus en vrede moes probeer bewerkstellig.

Die hoofkarakter held in die stories is Hugo de Villiers, ’n swerwer-dokter wat op soek is na avontuur oral waar hy rond swerf. Dan is daar ook Tokkelos sy getroue perd en ’n beeldskone nooi met die naam van Marinda de Beer wat gereeld betrokke is by al sy opwindende togte. Op ’n keer moet hy wetsoortreders aanvat, wat voorgee dat hulle die belange van delwers behartig, maar wie se dade nie altyd daarmee strook nie. ’n Ander keer kom Hugo te staan teen die berugte Kobra, wat mense beroof van hulle swaar verdiende geld en diamante. In nog ’n spanningsvolle verhaal verkeer Hugo de Villiers se vriende in doodsgevaaar. Saam met sy regterhand Kleinman du Preez, neem hulle wapens en ammunisie na hul vriende om so tot hulle redding te probeer kom.

Die Diamantveld reeks was tot onlangs nog ’n betreklik onbekende reeks by meeste versamelaars, maar die afgelope tyd het dit skielik groot belangstelling begin wek, veral by versamelaars en soek baie mense nou naarstigtelik daarna. Daar is 12 boekies in die reeks en al die verhale is ewe genotvol om te lees, want aan aksie, avontuur en drama is daar geen tekort nie. Hermie Hendriks is natuurlik die broer van die alombekende Reinhard Hendriks, wat onder die skuilnaam van Casper H. Marais die Rooi Jan reeks geskryf het. Hy is enige tyd net so ’n talentvolle skrywer as sy broer en het hy buiten sy sagteband boeke, ook heelwat hardeband boeke geskryf. Gaan kyk gerus by "Reeks Boeke Name" vir meer inligting.

⭐ 12 Voorblaaie Gelys 📖 Storieboeke Reekse
🔍

VOORBLAAIE VERSAMELING

12 Items
#1 Skimme in die skadu

Skimme in die skadu

Hermie Hendriks 1959
#2 Waar diamante skitter

Waar diamante skitter

Hermie Hendriks 1959
#3 Die swart ruiter slaan toe

Die swart ruiter slaan toe

Hermie Hendriks 1959
#4 Die singende rotse

Die singende rotse

Hermie Hendriks 1960
#5 Onheilsboodskap in die nag

Onheilsboodskap in die nag

Hermie Hendriks 1960
#6 Die skender

Die skender

Hermie Hendriks 1960
#7 Haat van die kobra

Haat van die kobra

Hermie Hendriks 1960
#8 Die galante rower

Die galante rower

Hermie Hendriks 1960
#9 Nooi van onheil

Nooi van onheil

Hermie Hendriks 1960
#10 Geheim van die spookdorp

Geheim van die spookdorp

Hermie Hendriks 1961
#11 Die dansende sigeunerin

Die dansende sigeunerin

Hermie Hendriks 1961
#12 Vergelding uit die doodkis

Vergelding uit die doodkis

Hermie Hendriks 1961